Leon Uris

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Leon Marcus Uris (3 Augustus 1924 -- 21 Junie 2003) was 'n Amerikaanse skrywer, bekend vir sy historiese fiksie en intensiewe navorsing wat sy romans voorafgegaan het.

Biografie[wysig]

Leon Uris is gebore in Baltimore, Maryland, in die VSA. Hy was die seun van Joods-Amerikaanse ouers. Sy vader het 'n jaar in Palestina spandeer ná die Eerste Wêreldoorlog voordat hy na die VSA emigreer het. Uris maak nooit hoërskool klaar nie – hy het die vak Engels drie maal gedruip.

Hy sluit aan by die Amerikaanse vloot op sewentienjarige ouderdom, en werk in die Tweede Wêreldoorlog as radiobemanner vanaf 1942 tot 1945.

Hy kry malaria, en terwyl hy aansterk in San Francisco ontmoet hy Betty Beck, met wie hy in 1945 trou.

Hy werk ná die oorlog as draaiboekskrywer en koerantkorrespondent.

Hy is drie maal getroud. Hy het drie kinders by Betty, en skei van haar in 1968 en trou toe met Margery Edwards in 1969. Sy sterf die volgende jaar in wat as 'n selfmoord beskou word. Hy trou weer in 1970 met Jill Peabody. Hulle het twee kinders, voordat hulle skei in 1989.

Hy sterf aan nierversaking in Long Island, New York op agt-en-sewentigjarige ouderdom.

Bibliografie van sy romans[wysig]

  • Battle Cry , 1953
  • The Angry Hills, 1955
  • Exodus, 1958
  • Exodus Revisited, 1960
  • Mila 18, 1961
  • Armageddon: A Novel of Berlin, 1963
  • Topaz, 1967
  • The Third Temple, 1967
  • QB VII, 1970
  • Ireland, A Terrible Beauty, 1975 (met Jill Uris)
  • Trinity, 1976
  • Jerusalem: A Song of Songs, 1981 (met Jill Uris)
  • The Haj, 1984
  • Mitla Pass, 1988
  • Redemption, 1995
  • A God in Ruins, 1999
  • O'Hara's Choice, 2003

Eksterne skakels[wysig]

Bron[wysig]

  • Vertaal vanaf Leon Uris op die Engelse wikipedia.