Lesotho-Hoogland-waterprojek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Katsedam met inlaattoring.
Kaart van die Lesotho-Hoogland-waterprojek.
320 m WIRTH 529

Die Lesotho-Hoogland-waterprojek (Engels: Lesotho Highlands Water Project, Sesotho: metsi a lihlaba) is 'n projek wat water vanaf die berge in Lesotho via 'n reeks damme en tonnels na die Vaalrivierstelsel verplaas. Van die damme wat reeds voltooi is:

Fase (1A)[wysig]

Fase 1A is die voltooiing van die Katsedam in die Malutiberge, 'n 82 km lang oordrag- en afleweringstonnel. Die water word in die Asrivier afgelewer teen 'n tempo van 17m3/s. Dié fase is in 1998 in diens gestel. Die tonnel mond uit in die Asrivier net buite Clarens op die Bethlehempad.

Fase (1B)[wysig]

Fase 1B is die voltooiing van die Mohaledam, 'n 32 km lang oordragtonnel tussen die Mohale- en Katsedamme.

Fase II[wysig]

Fase II behoort teen 2020 water aan Suid-Afrika te lewer. Dit sluit die voltooiing van die Polihalidam in, in Lesotho.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Vaalrivier:Boere gewaarsku Beeld. 21 Julie 2012

Bron[wysig]