Leuven

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die stad in België. Vir die nedersetting in Nederland, sien gerus Leuven, Nederland.
Leuven in 1775

Leuven
Leuven, Oude Markt foto4 2007-08-27 12.26.JPG

Kaart Wapen
LeuvenLocatie.png
Stadswapen Leuven.gif
Vlag
Flag of Leuven.svg
 Land Vlag van België België
 Gewes (deelstaat) Flag of Flanders.svg Vlaandere
 Provinsie Flemish Brabant Flag.png Vlaams-Brabant
 Koördinate 51°12′N 03°13′O
 Oppervlak:  
 - Totaal 56,63 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2012) 98 017
 - Bevolkingsdigtheid 1686/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Louis Tobback (SP.A)
 Amptelike Webwerf www.leuven.be

Leuven, Frans: Louvain, Duits: Löwen, is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Vlaamse provinsie Vlaams-Brabant, waarvan hy ook die hoofstad is. Die munisipale gebied het 98 017 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 57 km².

Leuven is bekend as 'n studentestad, en hy huisves die oudste universiteit in die Lae Lande, die Katolieke Universiteit Leuven, wat in 1425 gestig is. Die historiese brouery Artois is in 1717 in Leuven gestig. Die huidige nasaat van Artois is die firma Anheuser-Busch InBev wat die grootste brouerygroep ter wêreld vorm, en sy hoofkwartier is steeds in Leuven geleë. Te danke aan die aktiewe studentelewe, en die teenwoordighied van die brouerye, word daar soms na Leuven as die bierhoofstad van België verwys.

Die stad is nasionaal, en veral onder studente, beroemd as 'n uitgaansplek. Die Oude Markt word dan ook soms De Langste Toog van Europa genoem, verwysend na die feit dat hy deur 'n lang aaneenlopende ry kroeë omring word. Soos in ander Belgiese stede is Donderdagaand gewoonlik die besigste aand vir uitgaan. Dit is as gevolg van die gewoonte van studente om op Vrydagaand vir die naweek na hulle tuisdorpe toe terug te keer.

Kuns en musea[wysig]

Een baie interessant museum is die M-museum (Museum van Leuven). Hierdie museum herberg skilderye en kunswerke uit die late Middeleeue en die negentiende eeu.

Besienswaardighede[wysig]

  • Die Stadhuis (1439 - 1463)
  • Die Sint Pieterskerk (1425–1500)
  • Die Grote Markt
  • Die Oude Markt
  • Die Martelarenplein
  • Die Groot Begijnhof

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Leuven (kategorie)