Leydsdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leydsdorp
Ligging van Leydsdorp op 'n kaart (Limpopo)
Leydsdorp
Leydsdorp
 Leydsdorp se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°59′S 30°32′O Koördinate: 23°59′S 30°32′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Mopani
Munisipaliteit Ba-Phalaborwa
Stigting 1890
Regering
 - Tipe Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 0,79 km²  (0,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6
 - Digtheid 8/km² (20,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 100%
Taal (2011)[1]
 • Tsonga 100%
Poskode (straat) 0895
Poskode (posbus) 0895
Skakelkode(s) 015

Leysdorp is 'n verlate dorp in die oostelike Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is 28km suidwes van Gravelotte.

Geskiedenis[wysig]

Soos baie dorpe in Suid-Afrika het goud 'n groot rol gespeel in die stigting van die dorp. Die eerste goud is in 1870 deur Edward Button en James Sutherland ontdek. Dit was 'n kortstondige vonds. In 1883 maak Auguste Robert meer lonende ontdekkings. 'n Goudstormloop het hierop gevolg wat 'n tentdorp bekend as French Bob se Kamp tot gevolg gehad het. In 1890 het die Zuid-Afrikaansche Republiek regering besluit om 'n administrasie sentrum vir die kamp te stig. Die dorp is vernoem na WJ Leyds, die Staats-sekretaris van die ZAR. Die mynbedrywighede het as die Selati Goudveld bekend geword. Die dorp het gou ook sy eie koerant, die Leydsdorp Leader, uitgegee. Die koerant het die eerste keer op 24 Augustus 1891 verskyn. Die goud het egter uitgewerk geraak en die dorp het begin wegkwyn.

Besienswaardighede[wysig]

Die 'boomkroeg', 'n Kremetartboom, is welbekend op die pad tussen Gravelotte en Leydsdorp. Tot twaalf mense kon op 'n slag in die boomstam bedien word. Die Hans Merensky-natuurreservaat is in die omgewing.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Leydsdorp”. Sensus 2011.