Lianie May

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lianie May
Geboortenaam Lianie Oosthuizen
Geboorte 2 Augustus 1976
Vereeniging, Suid-Afrika
Beroep(e) Sangeres
Aktiewe jare 2007 - nou
Uitgewer(s) MOZI-rekords
Webwerf lianiemay.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Lianie May is 'n Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Lianie Oosthuizen, en haar musiek klink baie soos dié van Shania Twain en Dolly Parton.

Lianie is op 2 Augustus 1976 in Vereeniging gebore, en het in Oranjeville grootgeword. Sy matrikuleer in 1994 aan die Afrikaans Hoërskool Sasolburg.

Na 'n optrede van Eden in Oranjeville het Lianie vir hulle ‘n oudisie in 'n kleedkamer gedoen. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut CD in 2007 uitgebring het.

Haar liedjie Pretoria was vir 'n geruime tyd op Radio Rippel se top-20[1].

Albums[wysig]

  • Lank lewe die liefde, 2011
  • Boeremeisie, 2009 MOZI
  • Kersfees met Lianie, 2008 MOZI
  • Vergeet My Nie, 2007 MOZI[2]

Filmografie[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]