Lineêre vergelyking

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grafiese voorstelling van twee lineêre vergelyking

'n Lineêre vergelyking is 'n wiskundige vergelyking in die vorm:

y = mx + c

waar:

m = Die helling van die lyn
c = Die y-afsnit van die lyn (as x = 0 is dit die punt waar die lyn die y-as kruis)

Dit gee 'n reguit lyn op 'n grafiek. Dit gee daarom slegs een oplossing ('n oplossing is die berekening van x waar y nul is.)

Indien twee punte/koördinate (x_1, y_1) en (x_2, y_2) bekend is, kan die vergelyking opgestel word soos volg:

Kry eers vir m:

m = \frac{y_2 - y_1}{x_2 - x_1}

Indien m bekend is, kan c verkry word deur een koördinaat en m in die algemene vergelyking te vervang. Dus:

y = mx + c

Vervang een koördinaat en m:

y_1 = mx_1 + c

Dan is c = y_1 - mx_1

Of alles kan in een stap gedoen word deur:

y - y_1 = \frac{y_2 - y_1}{x_2 - x_1} (x - x_1)

Kyk ook[wysig]