Litas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
1, 2 en 5 litas-munte
Biljet van 100 litas

Die litas (ISO-kode LTL, meestal afgekort as Lt; meervoud litai of litų) is die geldeenheid van Litaue. Dit word opgedeel in 100 centų (genitief; die nominatief meervoud is centai in Litaus).

Die litas is vir die eerste keer in 1922, ná die Eerste Wêreldoorlog, ingevoer toe Litaue sy onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar het, en is op 25 Junie 1993 heringevoer nadat die Sowjet-roebel, wat tydens die besetting van Litaue as amptelike betaalmiddel gedien het, tydelik deur die Litause talonas as 'n oorgangsgeldeenheid vervang is. Die naam is, net soos in die geval van die Letlandse lats, van die landsnaam afgelei.

Tussen 1994 en 2002 was die litas teen 'n vaste wisselkoers van 4,00 litas aan die Amerikaanse dollar gekoppel. Daarna is 'n vaste wisselkoers van 3,4528 Lt met die Europese geldeenheid Euro ingestel. Daar is oorspronklik beplan om die Litas vanaf 1 Januarie 2010 met die Euro te vervang, tog is hierdie omskakeling as gevolg van Litaue se huidige inflasiekoers en die internasionale ekonomiese krisis na die nuwe datum 1 Januarie 2013 verskuif.[1]

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Verwysings[wysig]