Lo-Fi-Fnk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lo-Fi-Fnk
Oorsprong Stockholm, Södermanland (Swede)
Genre(s) Elektronies
Aktiewe jare 2001 — hede
Uitgewer(s) La Vida Locash, Moshi Moshi, Cooperative Music
Webwerf lofifnk.com
Lede Leo Drougge
August Hellsing
Portal.svg Musiekportaal

Lo-Fi-Fnk is 'n Sweedse elektropop-musiekgroep uit Stockholm wat uit Leo "Olja" Drougge (stem en ander instrumente) en August "Benni" Hellsing (kletskuns en tromme) bestaan. Die duo het in 2001 gevorm en het in die daaropvolgende jaar 'n beperkte weergawe EP, We Is, op die plateëtiket La Vida Locash vrygestel. Twee jaar later, in Februarie 2005, is die EP (...And the JFG?) vrygestel. Dit het die radiotreffer "Change Channel" bevat. Op 24 April 2006 is die groep se eerste vollengteateljeealbum, Boylife, in Swede vrygestel. Die album is op 27 Augustus 2006 wêreldwyd vrygestel en die groep het sedertdien 'n wêreldwye musiektoer onderneem. Beide kunstenaars is 22 jaar oud en die groep het platekontrakte met Moshi Moshi en Cooperative Music.

Diskografie[wysig]

Albums[wysig]

  • Boylife (2006, La Vida Locash)

EP's[wysig]

  • We Is (2002, La Vida Locash)
  • (...And the JFG?) (2005, La Vida Locash)

Eksterne skakels[wysig]