Lockon Flaming Cliffs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lockon: Flaming Cliffs
ScreenShot 279 LOFC.jpg
Naam: LockOn
Ontwikkelaar: Eagle Dynamics, Moskou, Rusland
Publikasiedatum: 8 Desember 2003
genre: vliegnabootser
Modus: Eénspeler / Internet;
Tegniese implementasie: Maatwerk programmering
Platform: Windows
Amptelike webwerf: http://lockon.ru
Sisteem eise: Aanbeveling: Windows XP, Dual Core 2.0Ghz 2Gb geheue, 256Mb DirectX 9 videokaart, 4Gb hardeskyfruimte, geluidskaart, internetverbinding.

Opsioneel: Naturalpoint TrackIR, Saitek X52 stuurstang


Lockon Flaming Cliffs ("LOFC" / Russies - LockOn: Горячие скалы) is 'n Russiese militêre vliegnabootser vir die Windows platform, wat in Desember 2003 op die mark gekom het. 'n Mens kan hedendaagse vliegtuie vlieg en beheer in 'n nagebootsde omgewing gebasseer op die Swart See-gebied en Krim (Oekraïne, Rusland, Turkye).

LOFC probeer om sover moontlik 'n akkurate en realistiese nabootsing van die werklike vlieg gevoel weer te gee.

Geskiedenis[wysig]

Ongeveer in 1997 het Eagle Dynamics ("ED") hul éérste PC vliegnabootser Flanker 1.0 op die mark gebring. Dit was toe een van die éérste nabootsers wat eklusief op Russiese vliegtuie gefokus was. In latere jare het Flanker 2.5 die lig gesien. In Flanker 2.5 was die vliegmoontlikhede beperk tot die Russiese Su-27, Su-33, MiG-29A en MiG-29K. Met die voorafgenoemde vliegtuie kon jy grond-, en lugteikens aanval/verdedig en geleide grond-/lugmissiele lanseer.

Lockon: Modern Air Combat[wysig]

In Desember 2003 het "LOMAC" op die mark verskyn. Dit was die eerste nuwe moderne vliegnabootser na Falcon 4.0, wat toe nie meer verder ontwikkeld was nie. In LOMAC het ED 'n paar ekstra vliegtuie toegevoeg: die Amerikaanse F-15C, die A-10 Warthog en die Su-25. Ook is die geografiese speelterrein uitgebrei na die Kakasus en Turkye, en die gebied rondom Roemenië, Bulgarye was ook in die speelgebied ingesluit. LOMAC het verdere meer uitgebreide multispeler moontlikhede gekry.

In LOFC word verskeie lugafweer, skepe, grondtroepe nageboots. So is daar byvoorbeeld die Russiese S-300 en Amerikaanse Patriot lugafweerstelsels verteenwoordig, ook die Amerikaanse Vulcan, Russiese Tunguska-M1, Tor-M1 en S-400 (NAVO: SA-21 Growler) word in LOMAC aangetref. Die vliegvelde is volgens realistiese ligging, grote en plaasing beskikbaar. 'n Russiese vliegdekskip, die Admiraal Kuznetsov en 'n Amerikaanse vliegdekskip van die Enterprise-klas is in LOMAC toegevoeg. 'n Su-33 kan van Admiraal Kuznetsov land en opstyg. Beide Russiese en Amerikaanse strydkragte kan in LOFC 'n AWACS vliegende radarvliegtuie lanseer. Rusland en Amerika kan ook as bondgenote in die nabootser saamwerk.

ED het baie tyd en moeite gespandeer om die Amerikaanse F-15C te modelleer, veral sy ingewikkelde APG-70 radar het baie ontwikkeltyd in beslag geneem. In Amerika was LOMAC 'n groot treffer omdat dit een van die min nabootsers is waarin jy 'n A-10 Warthog kan vlieg.

Lockon: Flaming Cliffs[wysig]

Lockon Flaming Cliffs (LOFC) het in Des-2003 op die mark verskyn. Dit is tans die enigste moderne vliegnabootser met aktiewe ondersteuing. LOFC word kommercieel deur die Amerikaanse lugmag gebruik om te bespaar op A-10 Warthog vliegopleiding.

In Maart-2003 het ED ook die Sukhoi Su-25T met Advanced Flight Model (AFM) as 'n nuwe vliegtuig tot die pakket toegevoeg. Met die AFM wil ED 'n realistiese vlieggevoel naboots wat, volgens regte Su-25 vlieëniers blykbaar besonder naby aan die werklikheid is. Die Su-25T (NAVO naam: "T-Frog") is 'n moderne variant van die Su-25, toegerus met 'n TV-skerm om verskillende (self)geleide, ongeleide bomme, missiele en vuurpyle te lanseer. In LOFC is die Kh-25ML, Kh-29T en Vikhr die mees gebruikte wapentuig.

Lockon: Flaming Cliffs 2.0[wysig]

In Mei-2010 het Eagle Flaming Cliffs 2.0 (Russies LockOn: Горячие Скалы 2) op de die mark gebring. Hier volg 'n kort oorsig van nuwe verbeteringe.

  • Flaming Cliffs 2.0 (FC2.0) is 'n samesmelting met DCS: Ka-50.
  • In teenstelling tot FC1.12 kan gaan FC2.0 vliëniers online sendings saam met DCS: Black Shark gespeel word.
  • Alle verbeteringe t.o.v. DCS: Black Shark wordt ook in FC2.0 beskikbaar (bv. beter LUA scripting, radargeleiding, GPS navigasie ens)
  • Alle Amerikaanse en Russiese bestuurbare vliegtuie van FC1.12 ook in FC2.0 bestuurbaar wees (F-15C, A-10C, MiG-29A, MiG-29C, Su-25(T), Su-27, Su-33)
  • Lug-tot-Lug, lugafweer missiele meer realisties op reikafstand, en anti-fnuik tegnologie ingebou
  • Verbeterde en uitgebreider TrackIR 6DOF ondersteuning vir LOFC2.0 vliegtuie.

Digital Combat Simulator[wysig]

In Digital Combat Simulator (DCS) is LOFC2.0 maar buiten die Kamov Ka-50 geen bestuurbare vliegtuie. DCS is 'm moduler uitbrare pakkeet waarmee nuwe vleigtuie as moudles toegevoegd kan word. ED het in Oktober 2005 bekendgemaak dat hulle al meer as 'n jaar besig was om LockOn: Black Shark (Russies: Чёрная Акула / Tjernaja Akula) te ontwikkel, later hernoemd na DCS: Ka-50. Dit is 'n nabootsing van die Kamov Ka-50 aanvalshelikopter. Aanvanklik sou <<Чёрная Акула>> 'n toevoeging wees aan die LOFC pakket. In Okt-2007 het ED besluit om BS as geheel nuwe produk op die mark te bring. Omdat daar soveel verandering was in realisme, presiese nabootsing van die enjins, elektronika van die Чёрная Акула en die ontwikkeltyd met meer as 1,5 jaar vertraag was. In die nuwe nabootser kan mens slegs met die Ka-50 vlieg. Die verwagting is dat Чёрная Акула die mees gevorderde realistiese vliegnabootser van alle tye kan word.

Weergawes[wysig]

  • Flanker 1.0 -- 1997
  • Flanker 2.5 -- 2001
  • Lockon 1.0 -- Des-2003 ook bekend as LockOn: Modern Aircombat
  • Lockon 1.1 -- Maart-2005 hernoemd na LockOn: Flaming Cliffs 1.1
  • Lockon 2.0 -- Mei-2010 integrasie met Digital Combat Simulator: Ka-50

Vliegbare vliegtuie[wysig]

  • Russies (grond-/lugrol)
- Su-25(T) aanvalsvliegtuig
- Su-27 jagvegvliegtuig
- Su-33 jagvegvliegtuig, MiG-29A, Mig-29S
  • Amerikaans (Lugonderskeppers)
- F-15C jagvegvliegtuig
  • Amerikaans (Grondaanval)
- A-10A aanvalsvliegtuig

Toekoms[wysig]

ED beplan om 'n A-10 en F-16C tot die Digital Combat Simulator by te voeg.

Eksterne informasie[wysig]

Gemeenskappe[wysig]

Eskaders[wysig]