London Aquatics Centre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
London Aquatics Centre
Londen Akwatiese Sentrum
London Aquatics Centre, 16 April 2012.jpg
Ligging Stratford, Londen
Koördinate 51°32′23″N 0°00′38″W
Gebou 2008
Geopen 2011
Eienaar
Operateur Olympic Delivery Authority
Oppervlak Water
Argitek Zaha Hadid
Tuisveld van
Olimpiese Somerspele 2012
Paralimpiese Somerspele 2012
Kapasiteit
17 500 toeskouers

Die Aquatics Centre (Akwatiese Sentrum) is die fasiliteit waar verskillende swemitems tydens die Olimpiese Somerspele en daaropvolgende Paralimpiese Somerspele van 2012 beoefen sal word. Hierdie stadion is in die Olimpiese Park in Stratford, Newham in die Verenigde Koninkryk geleë.

Die stadion is op 27 Julie 2011, presies een jaar voor die aanvang van die Spele, amptelik geopen. Tydens die opening het Thomas Daley die swembad ingewy deur 'n duikslag vanaf die 10-meter toring uit te voer.

Die stadion is deur Zaha Hadid ontwerp en beskik oor twee Olimpiese grootte Swembaddens en 'n aparte duik-swembad. Die gebou het 'n opvallende argitektuur en is die eerste stadion wat besoekers sien soos hulle die park binnekom.

Wedstryde[wysig]

Tydens die Somerspele word die volgende dissiplines in die Akwatiese Sentrum beoefen:

Duik
Gesinchroniseerde swem
Swem

Tydens die Paralimpiese Somerspele word die volgende sport hier beoefen:

Swem

Fotogalery[wysig]

Panorama van die binnekant
Panorama van die binnekant
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: