London Velopark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
London Velopark
Londen Velopark
London Velopark, 14 June 2011.jpg
Ligging Leyton, Londen
Koördinate 51°33′1.84″N 0°0′52.71″W
Gebou 2009 - 2011
Geopen 2011
Eienaar
Operateur Olympic Delivery Authority
Boukoste £105 miljoen
Argitek Hopkins Architects, Grant Associates
Struktuuringenieur Expedition Engineering
Diensteingenieur BDSP
Tuisveld van
Olimpiese Somerspele 2012
Kapasiteit
6 000

London Velopark is 'n fietsbaan-kompleks in Leyton in Londen. Die baanfiets- en BMX-items van die Olimpiese Somerspele van 2012 word hier aangebied. Die UCI BMX Supercross World Cup is al vantevore hier aangebied.

Bou[wysig]

Op 12 Julie 2007 maak die Olympic Delivery Authority die argitekte na 'n ontwerperskompetisie bekend: Hopkins Architects, Expedition Engineering, BDSP en Grant Associates. Velopark sou volgens beplanning in 2011 klaar moes wees. Die Velopark-stadion bestaan uit 'n onderdak baan vir baan-fietswedrenne en 'n BMX-baan. Die BMX-gedeelte is buite langs die stadion geleë.

Buitekant: BMX-baan[wysig]

Die buitenste BMX-gedeelte bestaan uit 'n 470 meter baan vir mans en 'n 430 meter baan vir dames. Beide bane het 'n kapasiteit van ongeveer 6 000 toeskouers. Daar is in Maart 2011 begin om die bane aan te lê. In Februarie 2012 word die eerste wedstryde reeds hier tydens die Wêreldbeker aangebied.

Binnekant: Renbaan[wysig]

Die onderdak gedeelte (Velodrome) bevat 'n 250 meter lange renbaan, waarmee daar reeds in 2009 begin is. Die stadion het 'n kapasiteit van ongeveer 6 000 toeskouers en word reeds in 2011 vir die Wêreldbeker gebruik. Dit sal ook tydens die Paralimpiese Somerspele 2012 gebruik word.


Die Londen Velopark tydens die Wêreldbeker in Februarie 2012.
Die Londen Velopark tydens die Wêreldbeker in Februarie 2012.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
London Velopark (kategorie)