Long Cecil

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Long Cecil.

Long Cecil is die bynaam vir 'n kanon wat in De Beers se werksplaas vervaardig tydens die Beleg van Kimberley. Dit was 'n 28-ponder wat binne 24 dae deur manne gemaak is wat geen ondervinding van artillerie gehad het nie. Dit het die eerste van 255 koeëls op 19 Januarie 1900 afgevuur en is vernoem na Cecil John Rhodes wat ook tydens die beleg in Kimberley vasgekeer was. George Labram, 'n meganiese ingenieur van De Beers, is die man wat verantwoordelik was vir die ontwerp en bou van die kanon. Die kanon is gebou in antwoord op die Boere wat Kimberley met 'n Long Tom bestook het. Ironies is Labram dood deur 'n voltreffer van die Long Tom wat die Grand Hotel getref het waar hy tuis was. Die kanon word nou as 'n momument in Kimberley bewaar.

Bronne[wysig]