Long Tompas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Long Tompas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Die Long Tompas op die R37 tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga.

Ligging Tussen Lydenburg en Sabie
Hoogte 2150m
Lengte 55.6km
Oppervlak Teer
Ingenieur Abraham Espag
Begin in 1871
Voltooi in 1874
In Drakensberg
Pad R37
Replika van 'n Long Tom langs die pas tussen Lydenburg en Sabie.

Die Long Tompas is 'n bergpas in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit verbind Lydenburg met Sabie via die R37 hoofpad oor die Drakensberg. Die pas dra die naam van die berugte Long Tom kanonne wat die Boere teen die Britte gebruik het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.

Geskiedenis[wysig]

Die Voortrekkers het lank die droom gehad van 'n pad na Lourenco Marques deesdae bekend as Maputo. Lourenco Marques was nie onder Britse beheer nie. Die Drakensberg was egter 'n groot hindernis om die droom te bewaarheid. Toe goud gevind is by Lydenburg gedurende 1873 het die togryers 'n pad Lourenco Marques gebaan (200 km ver) bekend as die 'hawepad'. Gedurende 1871 het die Transvaalse Volksraad £3 000 bewillig vir die bou van 'n pad. Die kontrak is aan Abraham Espag toegeken. Sy pad het op baie plekke die ou 'hawepad' gevolg. Espag se pad was gedurende 1874 oopgestel.

Die Long Tompas[wysig]

Die bestaande pas (55.6 km lank) bereik 'n hoogte van 2150m by sy hoogste punt. Vanaf Sabie klim die pad 'n 1000m en daal dan 670m na Lydenburg. Aan die Sabie-kant is daar baie plantasies terwyl die Lydenburg-kant maar redelik kaal is. Die pas is op 22 Julie 1953 in diens gestel.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]