Lough Erne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lower Lough Erne

Lough Erne of Loch Erne (Iers: Loch Éirne) is die naam van twee mere in die Noord-Ierse graafskap Fermanagh wat met mekaar verbind is. Dit is die tweede grootste merestelsel in Noord-Ierland en Ulster, en die vierde grootste in Ierland.

Die mere maak deel uit van die Erne-rivier wat in noordelike rigting vloei en dan wes swaai om in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Na die kleiner suidelike meer word verwys as Upper Lough (aangesien dit rivierop geleë is) of South Lough. Die groter noordelike meer word Lower Lough of North Lough genoem. Die dorp Enniskillen is teen die klein deel van die rivier tussen die mere geleë. 154 eilande met baie inhamme is in Lough Erne geleë.

Die Ernerivier het 'n lengte van 100 km en dreineer 'n gebied met 'n oppervlakte van 4 350 km.