Louis Oosthuizen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Louis Oosthuizen

Lodewicus Theodorus Oosthuizen (Mosselbaai, 19 Oktober 1982) is 'n professionele gholfspeler vanaf Suid-Afrika.

Amateur[wysig]

Louis Oosthuizen word in 'n gesin wat tennis speel groot, maar kies om eerder gholf te speel. In 1999 word hy lid van die Ernie Els-stigting en word deur die voormalige nommer een van Europa geïnspireer en gehelp.

Gewen[wysig]

  • 2000: Junior Wêreldkampioenskap (individueel)
  • 2001: All African Games (Kenia), Transvaalse Amateurhouespelkampioenskap (SA)
  • 2002: Indian Amateur Open Championship (gedeel), Irish Amateur Ope houespelkampioenskap, Natalse Ope houespelkampioenskap (SA)
  • 2004: Vodacom Origins of Golf Tour (SA)
  • 2007: Telkom PGA kampioenskap (SA)
  • 2008: Telkom PGA kampioenskap (SA)
  • 2010: Open de Andalucia de Golf (Spanje), Britse Ope kampioenskap (Verenigde Koninkryk)

Spanne[wysig]

  • Wêreldkampioenskap Landspanne (Junior): 2000, gewen met Charl Schwartzel
  • Eisenhower Trofee: 2002

Professioneel[wysig]

Hy word in 2002 professioneel en is sederd 2006 in die top-100 van die Europese PGA Toer. In 2009 kom hy tweede in Abu Dhabi en Qatar en eindig in die 34ste plek in die "Race To Dubai", wat hom op die beginlys van die wêreldkampioenskap in Doebai plaas.

In 2010 behaal hy sy eerste oorwinning op die Europese PGA Toer. Hiermee kom hy onder die top-50 van die World Golf Ranking wat hom in staat stel om twee weke later weer aan die Meesters deel te neem.

Gewen[wysig]

Sunshine Tour[wysig]

  • 2004: Vodacom Origins of Golf Tour by Arabella
  • 2007: Platinum Classic, Dimension Data Pro-Am, Telkom PGA Kampioenskap
  • 2008: Telkom PGA Kampioenskap

Europese PGA Tour[wysig]

  • 2010: "Open de Andalucia", Britse Ope[1]

Verwysings[wysig]

  1. Oosthuizen wen Britse Ope, Nuus24, 18 Julie 2010.

Eksterne skakels[wysig]