Louterwater

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Louterwater
Ligging van Louterwater op 'n kaart (Oos-Kaap)
Louterwater
Louterwater
Koördinate: 33°48′0″S 23°40′0″O Koördinate: 33°48′0″S 23°40′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Kou-Kamma
Tydsone SAST (UTC+2)

Louterwater is 'n nedersetting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is geleë op die R 62 hoofpad.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het rondom die smalspoorlyn ontwikkel. Op 'n nabygeleë plaas met dieselfde naam is die landgoed van die familie Rademeyer. Hulle is afstammelinge van die kommandant JI Rademeyer wat homself gedurende die Sesde Grensoorlog (1834-1835) onderskei het. Hulle het hulle weg oopgeveg uit 'n hinderlaag wat self sir Benjamin D'Urban beïndruk het.

Distrik[wysig]

Die hoofkantoor van Langkloof Koöperatiewe Vereniging (Lanco) is hier gevestig. Hulle verpak, verkoel en versprei vrugte. Hulle beheer ook die verspreiding van misstowwe en landbouchemikalieë.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]