Lu Xun

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lu Xun
鲁迅
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Lu Xun omstreeks 1930

Gebore 25 September 1881
Sjaoxing, Zhejiang, Sjina
Oorlede 19 Oktober 1936 (op 55)
Beijing, Republiek van Sjina
Beroep Skrywer, kritikus en essayis

Lu Xun (Vereenvoudigde Sjinees: 魯迅, Tradisionele Sjinees: 鲁迅, Pinyin: Lǔ Xùn) of Lu Hsün (volgens die fonetiese Wade-Giles-transkripsie), was die skrywersnaam van Zhou Shuren (Vereenvoudigde Sjinees: 周樹人, Tradisionele Sjinees: 周树人, Pinyin: Zhōu Shùrén en Chou Shu-jen volgens Wade-Giles; * 25 September 1881,; † 19 Oktober 1936) was een van die beduidendste 20ste eeuse skrywers in Sjina. Dikwels word na hom as die grondlegger van die moderne Sjinese literatuur verwys. Hy het sy werke sowel in baihua (白話), die huidige Sjinese omgangstaal, asook in klassieke Sjinees geskryf.

Hy was een van die invloedryke intellektueles wat die sogenaamde 4 Mei-beweging gesteun het wat aan Beijing se Beida-universiteit in die lewe geroep is, en het saam met ander intellektueles ook aan die Baihua-beweging deelgeneem wat hom met kwessies rondom literêre styl en genre besiggehou het.

Lu Xun was 'n skrywer van kortverhale, uitgewer, vertaler, kritikus, essayis en digter. In die 1930's het hy die titulêre leier van die Sjinese Liga van Linkse Skrywers in Sjanghai geword. Ná die 4 Mei-beweging het hy met sy werke baie groot invloed in Sjina uitgeoefen en is deur die Kommunistiese bewind ná 1949 as een van die Volksrepubliek van Sjina se beduidendste persoonlikhede vereer. Mao Zedong was sy hele lewe lank 'n groot bewonderaar van Lu Xun se literêre werk.

Maar ondanks die simpatie wat Lu Xun vir linkse politieke ideale getoon het, het hy self nooit by die Sjinese Kommunistiese Party aangesluit nie. Danksy vertalings in onder meer Engels (waaronder Selected Stories of Lu Hsun deur Yang Hsien-yi en Gladys Yang) het sy werke ook in die Weste bekendheid verwerf.

Verwysings[wysig]

  • Lu Xun. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.