Lugmagbasis Swartkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lugmagbasis Swartkop
AFB-Swartkop-001.jpg
Museumopedag by LMB Swartkop
IATA: GeenICAO: FASK
Opsomming
Tipe lughawe Militêr
Operateur Suid-Afrikaanse Lugmag
Ligging Centurion, Gauteng
Gebou April 1921
Huisves Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum
Hoogte bo seevlak 4780 vt / 1457 m
Koördinate 25°48′25″S 28°9′52″O Koördinate: 25°48′25″S 28°9′52″O
Landkaart
FASK is geleë in Gauteng
FASK
Ligging in Gautengprovinsie
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
02/20 6520 1987 Teer
06/24 6589 2008 Gras

Lugmagbasis Swartkop (ICAO: FASK) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag geleë in Centurion, Gauteng aan die suidekant van Pretoria.[1] Dit is Suid-Afrika se oudste lugmagbasis en huisves die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum. Dit word as 'n deel van Lugmagbasis Waterkloof bestuur.[2]

Geskiedenis[wysig]

Lugmagstasie Zwartkop is in April 1921 gestig op 'n private plaas met die naam Zwartkop wat deur die Regering in 1920 aangekoop is. Die lugmagstasie is opgegradeer tot 'n lugmagbasis op 1 Februarie 1968.[3] Die naam van die basis is terug verander na "Zwartkop" in 2012.

Die SALM beweer Swartkop is die tweede oudste lugstasie in die wêreld en die oudste operasionele lugstasie in die wêreld.[4] Deur die jare was baie onderskeide eskaders gebaseer op Swartkop. Dit sluit 26 Eskader (SALM) in, wat op 24 Augustus 1942 hier gestig is.[5]

Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum wat verskuif het na LMB Swartkop is amptelik geopen in 1993 deur die Hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag.[6] Die Lugmagbasis keer terug na Lugmagstasie-status in 1999. Die besluit is deur die Suid-Afrikaanse Lugmag geneem om die basis te ontruim, maar die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum daar te laat. Die vliegveld sou as 'n uitbreiding van Lugmagbasis Waterkloof behou word. Die SALM Museum Historiese-vlug het ook na die vliegveld verskuif.

Teen Desember 2013 het die Lugmag nog nie alle operasionele eenhede op die basis ontruim nie. Tans beset die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum die noordekant van die basis terwyl aktiewe SALM-eenhede steeds op die suidekant van die basis gestasioneer is. [7]

Suid-Afrikaanse Lugmaggedenkteken[wysig]

SALM-gedenkteken te Swartkop, Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Lugmaggedenkteken is geleë te LMB Swartkop. Dit huisves 'n ererol van SALM-lede wat gesneuwel het terwyl hulle Suid-Afrika gedien het.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. World Aeronautical Database”. URL besoek op 2009-06-12.
  2. LMB Waterkloof”. Suid-Afrikaanse Lugmag. URL besoek op 2009-06-12.
  3. http://www.saairforce.co.za/the-airforce/bases/9/zwartkop
  4. SAAF online news archive 2005”. Suid-Afrikaanse Lugmag. URL besoek op 2009-06-12.
  5. 26 Squadron SAAF (WW2)”.
  6. History of the South African Air Force”. Suid-Afrikaanse Lugmag. URL besoek op 2009-06-12.
  7. http://www.saairforce.co.za/the-airforce/bases/9/zwartkop


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.