Luik (provinsie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die vlag van Luik
Ligging van die provinsie Luik
Die wapen van Luik
Roche-aux-Faucons, Neupré

Luik (Nederlands; Frans: Liège, Duits: Lüttich, Wallonies: Lidje, Limburgs: Luuk, Luxemburgs: Léck) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie tel sowat 1 068 000 inwoners (2010), het 'n oppervlakte van 3 862 km² en 'n bevolkingsdigtheid van 276 inwoners per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Luik (Liège).

Luik lê in die ooste van België en grens in die noordooste aan die Nederlandse provinsie Limburg, in die ooste aan die Duitse deelstate Noordryn-Wesfale en Rynland-Palts en in die suidooste aan die Groothertogdom Luxemburg. In Luik word Frans en Wallonies[1] gepraat, behalwe teen die grens met Duitsland waar daar Duits gepraat word en teen die grens met die Groothertogdom Luxemburg waar daar Duits en Luxemburgs gepraat word (die Duits-sprekende Ooskantons), en in die noordooste teen die grens met Nederland en Duitsland waar daar Limburgs gepraat word.

Deur die linker deel van die provinsie vloei die Maasrivier. Links hiervan, in die noordweste, lê die Haspengouw (Hesbaye) en regs hiervan, in die suidweste, die Condroz. Verder bevind hom in die noorde die Land van Herve (grens aan die Voerstreek in Belgies Limburg) en in die ooste die Ardenne. Die hoogste punte lê in die Hoë Vene (Hautes Fagnes/Hohes Venn, 'n natuurgebied in die Ardenne en die Eifel): die heuwels die Signal van Botrange (694 m) in die munisipaliteit Weismes,[2] die Weißer Stein (693 m) in die munisipaliteit Büllingen op die grens met Duitsland en die Baraque Michel (674 m) in die munisipaliteit Malmedy.

Administratiewe arrondissemente[wysig]

Luik is in administratiewe opsig in vier arrondissemente verdeel:

Verwysings[wysig]

  1. Wallonies word nog tot 'n mindere mate gepraat.
  2. Die Signal van Botrange is sowel die hoogste punt van Wallonië as van België.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Luik (provinsie) (kategorie)


Provinsies, geweste en gemeenskappe van België Flag of Belgium.svg

Flag Belgium brussels.svg Brusselse Hoofstedelike Gewes
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gewes: Antwerpen | Limburg | Oos-Vlaandere | Vlaams-Brabant | Wes-Vlaandere
Flag of Wallonia.svg Waalse Gewes: Brabant wallon (Waals-Brabant) | Hainaut (Henegouwen) | Liège/Lüttich (Luik) | Luxembourg (Luxemburg) | Namur (Namen)
Flag of Flanders.svg Vlaamse Gemeenskap | Flag of Wallonia.svg Franse Gemeenskap | Flag of the German Community in Belgium.svg Duitstalige Gemeenskap