Lusitania (skip), 1911

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die SS Lusitania

Die Portugese passasierskip Lusitania het op 18 April 1911 by Kaappunt op die rotse geloop. Omdat die wrak op 'n diepte van byna 40m lê, is dit 'n gewilde uitdaging vir ervare duikers.

Die stoomskip van 5557 ton met 'n metaal romp en twee skroewe is in 1906 deur Sir Raylton Dixon & Co gebou vir Empreza Nacional de Navogacas van Lissabon. Dit was een van die grootste Portugese skepe in die tyd. Op 15 April 1911 het die skip die hawe van Lourenco Marques (vandag Maputo) verlaat op pad na Lissabon. Aan boord was 800 passasiers en bemanning onder bevel van kapt. Faria. In 'n kalm see, maar weens hoë mis en 'n sterk seestroom tref die skip om middernag van 18 April die Bellows Rock op 'n afstand van maar net 4 km van die vuurtoring.

Slegs 8 opvarendes het die ramp nie oorleef nie. Enkele dae later het die Lusitania van die Bellows Rock afgegly en in die diepte verdwyn.

Die gevolg van hierdie skeepsramp was die bou van die aansienlik laer Kaappuntvuurtoring (Kaap Maclear).

Bibliografie[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  • Burman, Jose: Strange shipwrecks of the southern seas. Kaapstad: Struik, 1968.
  • Turner, Malcolm: Shipwrecks and salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988. ISBN 0-86977-387-9
  • wikitravel.org/en/Diving_the_Cape_Peninsula_and_False_Bay/SS_Lusitania