Lutzville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lutzville
Ligging van Lutzville op 'n kaart (Wes-Kaap)
Lutzville
Lutzville
 Lutzville se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°33′S 18°21′O Koördinate: 31°33′S 18°21′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Matzikama
Oppervlak[1]
 - Dorp 2,33 km²  (0,9 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 5 232
 - Digtheid 2 245/km² (5 814,5/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 10.0%
 • Kleurling 75.5%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 13.4%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 91.4%
 • Xhosa 4.1%
 • Engels 1.8%
 • Ander 2.6%
Poskode (straat) 8165
Poskode (posbus) 8165
Skakelkode(s) 027

Lutzville is 'n klein, maar groeiende dorp in die Matzikama munisipaliteit in die noordweste van die Wes-Kaap. Dit is 22 km noordwes van Vredendal en 45 km wes van Vanrhynsdorp geleë.

Johann Lutz, seun van die bekende Japie Lutz, het in Augustus 1923 as verteenwoordiger van die Departement van Grondsake by Vlermuisklip aangekom met die opdrag om 'n dorp aan te lê en 'n besproeiingskema te begin. Die dorp is later na hom vernoem.[2]

Die dorp is aan die benedeloop van die Olifantsrivier geleë in 'n landbougebied waar lusern en ander gewasse verbou word. Baie name op die dorp was eers Vlermuisklip, maar mettertyd is almal gewysig om dieselfde as die plaaslike NG gemeente Lutzville te wees. Die naam van die spoorwegstasie, ook voorheen Vlermuisklip, is eers in 1950 na Lutzville verander.

Opvoeding[wysig]

Daar is vier skole op en om Lutzville. Die Hoërskool Lutzville het in 2008 411 leerders van gr. 1 tot gr. 12 gehad. Daar was 25 in die laagste graad en 36 in die hoogste graad. Die NGK primêre skool het 172 leerders van gr. 1 tot gr. 7 gehad, die Uitkyk Primêre Skool 714 van gr. 1 tot gr. 9 en die Klipheuwel Primêre Skool 30 van gr. 1 tot gr. 6.

NG gemeente[wysig]

Lutzville is in 1937 as die 200ste gemeente van die indertydse Kaapse Kerk gestig as 'n gedeelte van die gemeente Olifantsrivier. Die moedergemeente is nou Vredendal. Met die stigting van die gemeente was daar geen dorp nie, alhoewel die huise van die besproeiingskema plek-plek so na aan mekaar geleë was dat dit die indruk van dorpies geskep het. Op 17 Januarie 1939 is 'n besluit deur die Kaapse Dorpsraad geneem om 'n dorp aan te lê. Die eerste erwe is op 17 Januarie 1946 verkoop en op die terrein waar geen huise gestaan het nie, het die geboue stadig begin verrys.

Omdat alles feitlik van niks af opgebou moes word en die gemeenskap nie besonder vermoënd was nie, het die gemeente op geldelike terrein nie vinnig gevorder nie.

Die sendinggemeente Ebenezer is net meer as 10 km van die dorp geleë, binne die grense van die moedergemeente, wat verder uitstrek tot aan die see en die gehuggies Doringbaai, Strandfontein en Papendorp en wat sowat 10 skaapplase insluit.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Lutzville”. Sensus 2011.
  2. p77, Vol 7, Standard Encyclopedia of South Africa, Nassou Limited, 1972


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg