MMR-entstof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Question book-4.svg Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne aan die artikel by te voeg.

Die MMR-entstof is 'n entstof wat gebruik word om mense teen pampoentjies, masels en Duitse masels in te ent. Alhoewel hierdie besmetlike siektes deur die meeste mense as onskuldige kindersiektes beskou word, kan 'n baie klein deel van die gevalle op 'n lang termyn vir ernstige komplikasies sorg, soms selfs 'n lewenslange gestremdheid. Duitse masels kan by swanger vroue ook groot skade aan die ongebore kind veroorsaak, soms selfs 'n spontane aborsie. Pampoentjies kan in seldsame gevalle tot hersenvliesontsteking lei of onvrugbaarheid by mans. Baie lande bied hierdie drie-in-een inenting, aangesien dit as veiliger as drie aparte inentings beskou word. In Suid-Afrika kry kinders slegs 'n maselsinenting van die staat, terwyl die MMR meestal in die private sektor gebruik word.

Kyk ook[wysig]