Maasbanker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maasbanker
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Carangidae
Genus: Trachurus
Spesie: T. trachurus
Binomiale naam
Trachurus trachurus
(Linnaeus, 1758)

Die Maasbanker (Trachurus trachurus) is 'n bekende Kaapse seevis wat verwant is aan die Halfkoord. Die vis kom voor van St. Helenabaai tot by KwaZulu-Natal en word ook in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref. In Engels staan die vis ook bekend as die Maasbanker.

Voorkoms[wysig]

Die Maasbanker is groenerig of blouerig bo en silwerig onder en daar is 'n swart kol op die operkulum. Die vis word tot 55 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in die oop see tot op dieptes van 400 m en kom in groot skole voor. Hulle vreet plankton en gaan snags na die oppervlakte om te vreet. Die onvolwasse vissies word gejag deur die tuna, marlyn, geelstert, dolfyne en voëls. Daar is slegs een populasie in die Suid-Afrikaanse water wat geskei word van die Namibiese populasie deur die opwelling by Lüderitz. Die Suid-Afrikaanse populasie teel aan op die Agulhasbank. Die spesie speel 'n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse kommersiële vis bedryf.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]