Maclear

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maclear
Maclear Poskantoor
Maclear Poskantoor
Ligging van Maclear op 'n kaart (Oos-Kaap)
Maclear
Maclear
 Maclear se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°5′S 28°22′O Koördinate: 31°5′S 28°22′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Joe Gqabi
Munisipaliteit Elundini
Stigting 1876
Oppervlak[1]
 - Dorp 9,2 km²  (3,6 vk m)
Hoogte 1 272 m (4 173 vt)
Bevolking (2011)
 - Dorp 10 521
 - Digtheid 1 144/km² (2 962,9/myl2)
  [1]
Ras (2011)[1]
 • Swart 93.1%
 • Kleurling 4.3%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 2.0%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 88.3%
 • Afrikaans 5.1%
 • Engels 2.7%
 • Sotho 2.1%
 • Ander 1.8%
Poskode (straat) 5480
Poskode (posbus) 5480
Skakelkode(s) 045

Maclear is 'n dorpie in die Noordoos-Kaap aan die voet van die Drakensberg, sowat 172 km noordoos van Oos-Londen (258  km per pad) en 66 km noordoos van Elliot[2].

Die dorpie is in 1876 gestig en genoem na Haar Majesteit se astronoom aan die Kaap, sir Thomas Maclear. Dit verkry munisipale status in 1916 nadat dit aanvanklik vinnig ontwikkel het uit die militêre pos wat hier gestig is.

Maclear is geleë in 'n pragtige groen omgewing en is 'n welbekende plek vir forelhengel.

Maclear beskik oor 'n goeie provinsiale hospitaal.[3]

NG gemeente[wysig]

Vir hoofartikel, sien NG gemeente Maclear

Maclear was eers 'n buitewyk van die gemeente Ugie en reeds in 1905 is met groot opoffering, omdat die mense hier toe nog baie arm was, 'n kerkgeboutjie opgerig. In 1916 verkry die dorp munisipale status en die gemeente stig van Ugie af met 'n lidmaattal van sowat 400. Die eerste leraar wat die beroep hierheen teen 'n salaris van £250 aangeneem het, was prop. W.R. de Villiers. Hy is slegs 22 maande na hy die beroep aanvaar het, oorlede. Hy is opgevolg deur ds. J.P. Kriel.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Sonwabile en Maclear tydens die 2011-sensus.
  2. (en) saexplorer - reisafstande vanaf Maclear
  3. (en) Oos-Kaapse Departement van Gesondheid
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.

Eksterne skakels[wysig]