Magneetkies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pyrrhotien uit die Santa Eulalia-myn in Meksiko (7,5x7cm)

Magneetkies of Pyrrhotien is 'n ongewone ystersulfied-mineraal met 'n varieerbare ysterinhoud: Fe(1-x)S (x = 0 tot 0.2). Die FeS-eindlid is bekend as troiliet. Pyrrhotien word ook beskryf as magnetiese piriet aangesien dit soos piriet gekleurd en swak magneties is. Die magnetisme neem toe volgens die ysterinhoud, terwyl die troiliet nie magneties is nie. Die naam pyrrhotien is afgelei van Grieks pyrrhos, vlamkleurig.[1]

Verwysing[wysig]

  1. Pyrrhotite”. Mindat.org. URL besoek op 2009-07-07.