Malakka

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Maleise skiereiland.

Malakka (Maleis: Melaka) is 'n staat in Maleisië. Die hoofstad is die gelyknamige stad, Malakka, met 'n inwonertal van 648 500 (2001-sensus).

Geografie en demografie[wysig]

Die staat is geleë in die suidweste van die Maleise skiereiland, aan die Straat Malakka, ongeveer 80 km van die Indonesiese eiland Sumatra. Malakka grens in die noorde aan die Maleise staat Negeri Sembilan en in die ooste aan Johor. Malakka is 'n klein staat met 'n totale oppervlak van 1650 km².

Inheemse Maleisiërs (50%) en Sjinese Maleisiërs (40%) vorm die twee grootste etniese groepe. Die Indiese Maleisiërs wat vanaf Indië afkomstig is vorm 'n minderheidsgroep.

Daar is ook 'n klein Europese minderheid van afstammelinge van vroeëre koloniale oorheersers. Onder andere afstammelinge van Portugese, wat 'n antieke Portugees-kreoolse taal praat, genaamd die Cristao of Papia Kristang. Daarnaas bestaan daar ook nog enkele afstammelinge van Nederlanders en Britte.

Verder vorm Malakka 'n belangrike vesting vir die Peranakan. Baie van hulle het hulself as gevolg van die handel tussen Indië en Sjinese in die pre-koloniale tyd hier gevestig.

Bestuurlike indeling[wysig]

Malakka is in drie distrikte onderverdeel:

Hierdie distrikte is verder in 81 subdivisies verdeel.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 02.2000°0′0″N 102.2510°0′0″O