Malawimeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
A: Albertmeer E: Edwardmeer K: Kivumeer T: Tanganjikameer Y: Kyogameer V: Victoriameer M: Malawimeer
Malawimeer soos van die buitenste ruimte gesien.

Die Malawimeer is 'n natuurlike meer in Oos-Afrika en vorm deel van die Groot Skeurvallei. Die meer is 560 km lank en 75 km breed. Dit staan ook bekend as die Nyasameer. Dit bevat meer as 600 vis-spesies van tien verskillende families. Die meeste spesies hoort egter tot die Cichlidae familie. Die Shirerivier, 'n sytak van die Zambezirivier is die enigste uitloop van die meer.

Die hele westelike oewer van die meer lê in Malawi terwyl die boonste gedeelte van die oostelike oewer in Tanzanië, die middelstuk gedeelte van die oostelike oewer in Mosambiek en 'n klein stukkie van die oostelike oewer in Malawi lê.

Van die eilande in die meer is Chizumulueiland en Likomaeiland.

Bron[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Malawimeer (kategorie)