Maleisiese Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ingang na die Sepang Internasionale Renbaan in Maleisië.
Die Sepang Internasionale Renbaan.


Die Maleisiese Grand Prix is 'n Formule Een motorwedren in Sepang, Maleisië.

Geskiedenis[wysig]

Die wedren is vir die eerste keer in 1999 gehou by die Sepang Internasionale Renbaan en is gewen deur Eddie Irvine, wat hom gehelp het met sy kampioenskap ambisies. In 2000 het Michael Schumacher gewen vanaf Rubens Barrichello. Dit was dieselfde geval in 2001, behalwe vir 'n kort reënbui wat die ren net na die wegspring getref het. In 2002 het Ralf Schumacher gewen en in 2003 het Kimi Raikkonen sy deurbraak oorwinning behaal. In 2004 het Michael Schumacher weereens gewen. Fernando Alonso het in 2005 gewen en in 2006 het Giancarlo Fisichella gewen vanaf Alonso. Fernando Alonso het sy eerste oorwinning by die McLaren span behaal in 2007 en in 2008 het Kimi Raikkönen weereens gewen.