Malgas (eiland)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Malgas
Geografie
Ligging Suid-Afrika, Atlantiese Oseaan
Koördinate 33°03′S 17°55′O
Oppervlak 8 vk km
Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap

Malgas is ‘n eiland in Saldanhabaai net wes van Langebaan. Dit het bekend geraak as ryk bron van ghwano. Hierdie eiland is 8vk. km groot, bewoon en sedert 1986 deel van die Weskus Nasionale Park. Die kolonie malgasse (Morus capensis) op die eiland is die grootste in die wêreld.

In 1601 het dit die Nederlandse seevaarder Joris van Spilbergen al opgeval hoe dig bevolk met robbe en voëls die eilande in Saldanhabaai is. Kort hierna kom Franse pelsjagters om die eilande te eksploiteer en beskou dit as Franse eiendom. Sansy-eiland was hul grootste bron. In 1648 sterf die Fransman l’Ecluse hier. Kort na Van Riebeeck se vestiging aan die Kaap stuur hy kapt. Sijmon Turver na die pelseilande om hulle as VOC-eiendom te annekseer. Turver herdoop Sansy-eiland in 1656 tot Malgasseneiland.

Toe in die middel van die 19de eeu besef word dat ghwano ‘n goeie bemestingstof is, word met hernieude belangstelling na die eilande gekyk. Op Malgas was die eeue-oue neerslae soms tot 20m dik. Tydens die opgrawings is die lyk van l’Ecluse in ‘n besonder goeie toestand aangetref omdat die ammoniuminhoud van ghwano as ‘n kragtige preserveermiddel optree.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke reël begeleide toere na die eiland.

Sien ook[wysig]