Madagaskar-ralreier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Malgassiese Ralreier)
Spring na: navigasie, soek
Madagaskar-ralreier
Madagaskar ralreier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Ardeola
Spesie: A. idae
Binomiale naam
Ardeola idae
(Hartlaub, 1860)
Verspreiding van die Madagaskar ralreier
Verspreiding van die Madagaskar ralreier

Die Madagaskar ralreier (ook genoem die Malgassiese ralreier) is 'n seldsame winterbesoeker wat nie in Suid-Afrika broei nie.

Identifikasie[wysig]

Die voël het 'n redelike donker rug en nek met breë, opvallende strepe, wat in vlug skerp by die wit vlerke afsteek. Die kenmerke onderskie hom van die ralreier. Sy groenerige snawel het 'n swart punt en snawelnok. Die algemene lengte van 'n volwasse voël is 47 cm.

Verspreiding[wysig]

Soos die naam aandui is die Madagaskar-ralreier endemies aan Madagaskar. Die voël word ook af en toe in Zimbabwe gesien, maar besoek Mosambiek meer dikwels; word ook gereeld in Oos-Afrika gesien.

Ander name[wysig]

  • Wetenskaplike naam: Ardeola idae
  • Engelse naam: Madagascar Squacco of Madagascar Pond-Heron

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]