Mali

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Malie)
Spring na: navigasie, soek
Kyk ook die Malieryk en die dorp Mali, Guinee.
Republiek van Mali
République du Mali
Vlag van Mali Seël van Mali
Vlag Seël
Nasionale leuse: Frans: Un peuple, un but, une foi
(Een volk, een doel, een geloof)
Volkslied: Pour l'Afrique et pour toi, Mali (Vir Afrika en vir jou Mali)
Ligging van Mali
Hoofstad Bamako
Grootste stad Bamako
Amptelike tale Frans, Bambara, ander
Regering  
Ibrahim Boubacar Keïta
Oumar Tatam Ly
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
- in Mali-Federasie met Senegal
- ontbinding van Mali-Federasie
- ontrekking uit Franse gemeenskap
Van Frankryk
20 Junie 1960
20 Augustus 1960
22 September 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 240 000 km2  (23ste)
Bevolking
 - 2002-skatting
 - Digtheid
 
11 340 480 (68ste)
10,9/km² / km2 (-)
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2004-skatting

$11 miljard (135ste)
$900(214de)

Geldeenheid CFA Franc (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
UTC (UTC0)
nie in gebruik nie (UTC+0)
Internet-TLD .ml
Skakelkode +223

Die Republiek van Mali (République du Mali) is 'n deur land omringde land in Wes-Afrika. Dit is die tweede grootste van die Wes-Afrika lande. Dit grens aan Algerië in die noorde, Niger in die ooste, Burkina Faso en Ivoorkus in die suide, Guinee in die suid-weste, en Senegal en Mauritanië in die weste. Die land se reguit grense aan die noorde strek tot in die middel van die Saharawoestyn, terwyl die land se suide, waar die meeste van die land se mense woon, die Niger en Sénégalriviere insluit. Voorheen Frans-Soedan, is die land later vernoem na die Maliryk.

Geskiedenis[wysig]

Die Mandé mense vestig hulle in die Sahel (insluitende hedendaagse Mali), en vorm 'n reeks Sahelkoninkryke wat die Ghanaryk, die Maliryk, en die Songhairyk insluit. Timboektoe was 'n sleutel stad in hierdie ryke as 'n buitepos vir trans-Saharahandel en 'n middelpunt vir geleerdheid. Die Songhairyk kwyn onder 'n Marokkaanse inval in 1591.

Mali word van 1880 deur Frankryk binnegeval, wat dit as 'n oorsese department van Frankryk annekseer. Die kolonie, wat met tye ook naburige lande ingesluit het, het as Frans- Soedan of die Soedannese Republiek bekend gestaan. In die begin van 1959 word die unie van Mali en Senegal die Mali-Federasie, wat onafhanklikheid van Frankryk verkry op 20 Junie 1960. Senegal onttrek na 'n paar maande uit die Mali-Federasie. Die Republiek van Mali, onder Modibo Keïta, onttrek uit die Franse Gemeenskap op 22 September 1960.

Mali is van onafhanklikheid tot 1991 deur 'n reeks diktators regeer. Anti-regeingsbetogings in 1991 lei tot 'n staatsgreep, 'n tussentydse regering, en 'n nuwe grondwet. In 1992 wen Alpha Oumar Konaré Mali se eerste demokratiese, veelparty Presidensiële verkiesing. Met sy herverkiesing in 1997, druk President Konaré politiese en ekonomiese hervormings deur en beveg korrupsie. In 2002 word hy in 'n demokratiese verkiesing opgevolg deur Amadou Toumani Touré, wat 'n sleutel figuur in die 1991 demokratiese opstand was.

Politiek[wysig]

Mali se grondwet maak voorsiening vir 'n veelpartydemokrasie, met die enigste beperking 'n verbod op partye gegrond op etniese, godsdiens, streek of geslagslyne. Die Nasionale Vergadering is die enigste wetgewende arm van die regering. Dit bestaan tans uit 147 lede. Verteenwoordiging word toegedeel volgens die bevolking van administratiewe distrikte. Die regering het 'n vyfjaartermyn.

Gebiede[wysig]

Kinders in Buguni, Mali

Mali word verdeel in nege gebiede (regions), insluitend die hoofstaddistrik van Bamako:

Geografie[wysig]

Kaart van Mali

Mali word deur land omring en het 'n subtropiese tot droë klimaat. Dit is meestal plat en styg na golwende sandbedekte heuwels in die noordelike vlaktes en savanne om die Nigerrivier in die suide. Die heuwels van die Air Massif en Djado Plateau lê in die noordooste. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn, wat 'n warm, stof-belaaide harmattan dynserigheid veroorsaak, wat algemeen voorkom tydens die droë seisoen, en herhaalde droogtes veroorsaak. Die nasie het aansienlike natuurlike hulpbronne, met goud, uraan, fosfate, kaolien, sout en kalksteen wat die meeste ontgin word.

Ekonomie[wysig]

mark in Kati (Mali)
Uitsig oor Bamako
Nuwe moskee in Mali
Djingareiber, Timboektoe
Djenné au Mali

Mali is onder die armste land ter wêreld, met 65% van die land se grondgebied woestyn of halfwoestyn. Ekonomiese bedrywighede is hoofsaaklik beperk tot die oewergebied besproei deur die Nigerrivier. Ongeveer 10% van die bevolking is nomadiese en sowat 80% van die arbeidsmag is betrokke by boerdery of vissery. Nywerheidsaktiwiteit is gefokus op verwerking van beorderyprodukte. Mali is erg afhanklik van buitelandse hulpverlening en is blootgestel aan skommelings in wêreld pryse vir katoen, die land se hoof uitvoerproduk. In 1997, sit die land die suksesvolle implementering van 'n IMF-aanbevole strukturele aanpassingsprogram voort wat die land help om te groei, diversifiseer en buitelandse beleggings te lok. Mali se volging van ekonomiese hervorming, en die 50% devaluasie van die Afrika franc in Januarie 1994, het ekonomiese groei bevorder. Verskeie multinasionale maatskappye brei goudmynbou-werksaamhede in 1996-1998 uit, en die regering verwag dat Mali 'n belangrike goudprodusent suid van die Sahara sal word in die volgende paar jaar.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mali (kategorie)

Regering[wysig]

Nuus[wysig]

Oorsigte[wysig]

Gidse[wysig]

Musiek[wysig]

Toerisme[wysig]


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika