Mamphela Ramphele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mamphela Ramphele
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Mamphela Aletta Ramphele
Gebore 28 Desember 1947 (1947-12-28) (66 jaar oud)
Kranspoort, Transvaal
Nasionaliteit Suid-Afrika
Bekend vir anti-apartheid aktivis
Voormalige direkteur van die Wêreldbank
"Greatest South African" (55ste)

Mamphela Aletta Ramphele is 'n Suid-Afrikaanse voormalige anti-apartheidsaktivis, 'n dokter, 'n akademikus en 'n suksesvolle besigheidsvrou. Sy was diep bevriend met Steve Biko, die vader van haar twee kinders. Ramphele is 'n voormalige Vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, en vorige besturende direkteur by die Wêreldbank.[1]

Leier van Agang[wysig]

In Februarie 2013, kondig sy aan dat sy 'n nuwe politieke party, Agang (Sotho vir "Bou"), sou stig; met die doel om die ANC (African National Congress) die geveg aan te sê.[2] Na ’n aantal skandale in die party, waaronder bedrog met die verdwyning van R13 miljoen en ander,[3][4] het Ramphele op 8 Julie 2014 haar uittrede uit partypolitiek aangekondig en gesê dat sy geslaag het in haar doel om ’n politieke voertuig op die been te bring vir diegene wat nie ’n politieke stem het nie.[5]

DA-presidentskandidaat vir slegs 7 dae[wysig]

Op 28 Januarie 2014 word aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sal staan.[6][7]

Op 31 Januarie 2014 het Ramphele 'n verklaring uitgereik dat sy nie Demokratiese Alliansie-lidmaatskap sal aanvaar nie en Agang Suid-Afrika se leier sou bly, wat tot erge verwarring gelei het. [8] Op 2 Februarie 2014 sê Helen Zille dat Ramphele haar ooreenkoms om as die Demokratiese Alliansie se presidensiële kandidaat te staan​​, verloën het. [9] Ramphele het daarna om verskoning gevra vir haar besluit deur te sê dat die tydsberekening nie reg was nie. Sy reken die reaksie op haar besluit het bewys dat mense in Suid-Afrika nog nie ras-gebaseerde partypolitiek te bowe gekom het nie. [10]

Verwysings[wysig]

  1. (en) De Waal, Mandy (28 Januarie 2013). “Mamphela Ramphele tot die redding?”. Daily Maverick. URL besoek op 8 Julie 2014.
  2. "Anti-Apartheid Leader Forms New Party in South Africa." New York Times. 18 February 2013.
  3. (en) Roodt, Dan (13 Junie 2014). “Mampi-Rampi se naam genoem in R13 miljoen bedrogskandaal”. (html) praag.org. URL besoek op 8 Julie 2014.
  4. (en) Mabona, Warren (3 Junie 2014). “Ramphele in HUB-skandaal”. (html) The Citizen. URL besoek op 8 Julie 2014.
  5. (en) Sapa (8 Julie 2014). “Mamphela Ramphele verlaat partypolitiek”. Sowetanlive. URL besoek op 8 Julie 2014.
  6. (en) Ramphele, Mamphela (28 Januarie 2014). “Opportunity for change”. Agang SA. URL besoek op 28 Januarie 2014.
  7. (en) Ramphele announced as DA presidential candidate”. Mail & Guardian: 28 Januarie 2014. URL besoek op 28 Januarie 2014.
  8. (en) "I won't be accepting DA membership on Monday – Mamphela Ramphele", 31 Januarie 2014. URL besoek op 31 Januarie 2014.
  9. "Mamphela Ramphele has reneged on our agreement – Helen Zille", 2 Februarie 2014. URL besoek op 2 Februarie 2014.
  10. "Ramphele says she made the right decision with DA candidacy", 3 Februarie 2014. URL besoek op 3 Februarie 2014.