Mandese alfabet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mandese alfabet
Taal Mandees
Rigting Regs-links
ISO 15924 Mand, 140
Unicode-alias Mandaic
Unicode-strekking U+0840–U+085F
Nota Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole bevat
Die Mandese alfabet

Die Mandese alfabet is gebaseer op die Aramese alfabet en word gebruik om die taal Mandees te skryf. Die Mandese naam vir die skrif is Abagada of Abaga, na aanleiding van die eerste letters daarvan. Anders as die antieke Semitiese name van die letters ("alaph", "beth", "gimal"), is die letters bekend as "â", "bâ", "gâ", ens.

Letters[wysig]

Die alfabet bestaan uit 24 letters: die 22 letters van die Aramese alfabet plus twee bykomende letters. Omdat dit die aantal ure is van sonsondergang tot sonsondergang, is 24 ’n gelukkige getal vir die Mandese en die bykomende letters is ietwat kunsmatig. Die 23ste letter is die betreklike partikel "adu" en die laaste letter is ’n herhaling van die eerste letter, "a".

Die eerste en laaste letter, "a", word gebruik vir ’n reeks oop klinkers. Die sesde letter, "wa", word gebruik vir die agterklinkers "u" en "o" en die tiende letter, "ya", vir die voorklinkers "i" en "e". Laasgenoemde twee kan ook as die konsonante "w"/"v" en "y" dien. Die agtste letter, "eh", word uitgespreek as ’n lang "i"-klank, maar word selde gebruik omdat die Mandese glo dit is ’n heilige voorstelling van die oog van God. Die sestiende letter, "e", verteenwoordig gewoonlik "e" aan die begin van ’n woord, of wanneer dit deur "wa" of "ya" gevolg word, vir ’n begin-"u" of -"i" onderskeidelik. Die Mandese glo dat al die letters in hul alfabet magiese eienskappe het, soos gesien kan word in die laaste kolom van die voorbeeld regs.

Moderne Mandees gebruik baie Persiese woorde. Vier bykomende letters word gebruik om nie-klassieke woorde te skryf. Hulle is egter aanpassings van ander letters en word nie as deel van die alfabet beskou nie. Die letters "gha", "dha", "fa" en "ja" is geskep deur twee punte onder onderskeidelik "ga", "da", "pa" en "sha" te sit.

Unicode[wysig]

Die Mandese alfabet is by die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2010, met die uitreiking van weergawe 6.0. Die Unicode-blok vir Mandees is U+0840–U+085F

Sien ook[wysig]

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings[wysig]

  • Häberl, C.G. 2006. “Iranian Scripts for Aramaic Languages: The Origin of the Mandaic Script”, Bulletin of the American Schools of Oriental Research 341: 53-62.

Eksterne skakels[wysig]