Mannetjies Roux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mannetjies Roux Sportportaal
Volle naam Francois du Toit Roux
Geboortedatum 12 April 1939 (1939-04-12) (75 jaar oud)
Geboorteplek Victoria-Wes, Suid-Afrika
Lengte 1.7 m
Gewig 72.6 kg
Skool Paarl Boys High
Beroep Boer, Lugmag Vlieënier
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Senter
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Stellenbosch, Weermag, Victoria-Wes
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Westelike Provinsie, Noord-Transvaal, Griekwaland-Wes
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1960-1970 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 27 18

Francois du Toit "Mannetjies" Roux (gebore 12 April 1939) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het in 27 toetse gespeel, 6 keer as flank en 21 keer as senter, waartydens hy 6 drieë gedruk het.

Rugby loopbaan[wysig]

Mannetjies het in 1959 saam met die Junior Springbokke getoer na Argentinië. Hy het in 1960 die eerste keer vir die Springbokke gespeel teen Wallis op Cardiff Arms Park. In 1962 speel hy in drie toetse teen die Britse Leeus in Suid-Afrika. Hy sal altyd onthou word vir sy wettige duikslag op die Leeu, Richard Sharp; hy het Sharp se wangbeen gebreek in die proses. Mannetjies sal altyd onthou word vir die insident in die 1969/70 'betoger' toer na die Britse Eilande toe hy 'n betoger met die bal gegooi het. Hy was ook deel van die 1970 Springbok span wat die All Blacks 3-1 getroef het.

In 1970 het hy die Griekwaland-Wes span aangevoer wat die Curriebeker, teen alle verwagtinge, gewen het teen Noord-Transvaal. Ian Kirkpatrick was Griekwaland se afrigter en sy wedstryd plan vir die eindstryd was eenvoudig: 'wanneer Mannetjies die bal kry, moet die ander veertien net by hom uitkom. Julle sal nie weet wat hy gaan doen nie, maar hy weet ook nie, maar dinge sal gebeur as hy die bal kry!' Dit het en Griekwaland wen 11-9.

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Mannetjies Roux by www.genslin.us/bokke