Mantel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mantels uit The Gazette of Fashion, 1872.
'n Pelsmantel van Margit Schumann wat in die DDR vervaardig is en wat tydens die Olimpiese Winterspele 1972 gedra is.

'n Mantel of oorjas is 'n kledingstuk eenders aan die jas wat die hele bolyf bedek en in die meeste style tot ten minste die knieë strek. Meestal dien die mantel as 'n weervaste kledingstuk wat die draer teen wind, reën en sneeu beskut. Die woord "mantel" stam af van die Oud-Hoogduits mantal, wat weer van die Latyns mantulum afgelei is, wat dop of kombers beteken.