Marthinus Theunis Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Marthinus Theunis Steyn
Marthinus Theunis Steyn

Ampstermyn
Maart 1896 – 31 Mei 1902
Voorafgegaan deur F.W. Reitz
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore 2 Oktober 1857
Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat
Sterfte 28 November 1916 (59 jaar oud)
Bloemfontein, Suid-Afrika
Eggenoot/eggenote Rachel Isabella Steyn
Kind(ers) Dr. Colin Steyn, Hannah Fichardt, Gladys Steyn, Tibbie van der Merwe, Emmie du Toit
Alma Mater Grey-kollege
Universiteit Leiden
Professie Prokureur
Religie Nederduits Gereformeerd

Marthinus Theunis Steyn (Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat 2 Oktober 1857Bloemfontein, 28 November 1916), was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, en die sesde en laaste Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1896 tot 1902.

Agtergrond[wysig]

Standbeeld van M.T. Steyn in Deventer, Nederland.

Hy is gebore op die plaas Rietfontein in die distrik Winburg op 2 Oktober 1857. Steyn is oorlede op 28 November 1916. Steyn se pa, Marthinus, was 'n lid van die Vrystaatse Volksraad en 'n vriend van President J.H. Brand. Steyn het aan Grey-kollege in Bloemfontein sy skoolloopbaan ontvang en later in Nederland verder studeer, aan die Universiteit van Leiden.

Steyn is in 1882 tot die balieraad toegelaat en teruggekeer na die Vrystaat. Sy praktyk in Bloemfontein het goed gedoen en in 1889 is hy aangestel as Prokureur-Generaal van die Oranje-Vrystaat. Hy is ook as regter aangestel in dieselfde jaar.

President van die OVS[wysig]

Toe President F.W. Reitz bedank het in 1895, was Steyn vir baie die logiese keuse as opvolger. Hy is geopponeer deur J.G. Fraser, toevallig sy vrou, Tibbie, se oom. Steyn is verkies as President nadat Fraser gekant was teen beter samewerking met die Zuid-Afrikaansche Republiek. Steyn het samewerking bepleit en die Jameson-inval in die ZAR het die kiesers beinvloed om vir Steyn te stem. Steyn het 6877 stemme op hom verenig teenoor Fraser se 1367. Hy is in Maart 1896 as President ingesweer.

Beter verhoudinge met die ZAR het egter nie beteken Steyn het samewerking met die res van Suid-Afrika uitgesluit nie. Steyn het geglo dat die Boererepublieke baie simpatie uit die res van die kolonies kon ontvang vanweë die Jameson inval. Die nuwe Britse Hoë Kommissaris, Sir Alfred Milner het egter geglo in 'n federasie van Suid-Afrikaanse state onder die Britse vlag.

Die Anglo-Boere-oorlog[wysig]

Karikatuur van M.T. Steyn met onderskif: "ex President Steyn".

Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog in 1899 het Steyn geen keuse gehad om die ZAR se oorlogsverklaring teen Brittanje te steun nie. As hoof van 'n regering moes hy vlug nadat Bloemfontein deur die Britse troepe oorgeneem is, maar het steeds as reisende regering die oorlog teen die Britte aan die gang gehou. Hy was versetlik gekant teen oorgawe aan Brittanje. Hy is landuit na die Vrede van Vereeniging onderteken is, maar keer in 1904 terug na Suid-Afrika, om weer toe te tree tot die aktiewe politiek.

Dood van President Steyn[wysig]

Die uitbreek van die Rebellie in 1914 was vir Steyn 'n pynvolle episode. Dit, saam met die Anglo-Boere-oorlog het hom sterk bëinvloed. Steyn is oorlede op 28 November 1916 toe hy 'n vroue vereniging vergadering in Bloemfontein toegespreek het. Hy is by die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe.

Bronne[wysig]

  • Rosenthal, Eric. (1966). Southern African Dictionary of National Biography. London: Frederick Warne & Co. bl. 362.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: