Marthinus van Schalkwyk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Marthinus van Schalkwyk
Marthinus van Schalkwyk

Minister van Toerisme
Ampstermyn
10 Mei 2009 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Mohammed Valli Moosa
Opgevolg deur Derek Hanekom

Minister van Omgewingsake en Toerisme
Ampstermyn
29 April 2004 – 10 Mei 2009
Opgevolg deur Ministerie verdeel
Ampstermyn
29 April 2004 – 10 Mei 2009

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
1997 – 1999
Voorafgegaan deur Frederik Willem de Klerk
Opgevolg deur Tony Leon

Premier van die Weskaap
Ampstermyn
21 Junie 2002 – 28 April 2004
Voorafgegaan deur Peter Marais
Opgevolg deur Ebrahim Rasool

Persoonlike besonderhede
Geboorte 10 November 1959
Politieke party Nuwe Nasionale Party (1997 - 2005)
African National Congress
Eggenoot/eggenote Suzette van Schalkwyk
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Marthinus Christoffel Johannes van Schalkwyk (gebore 10 November 1959) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, voorheen beide die premier van die Wes-Kaapprovinsie en Leier van die Opposisie in die Suid-Afrikaanse Parlement. Hy was die leier van die Nuwe Nasionale Party sedert 8 September 1997. Hy is aangewys as minister van Omgewingsake en Toerisme in die Suid-Afrikaanse kabinet as beloning vir die feit dat hy die NNP met die regerende ANC versmee het, ten spyte van die NNP se powere resultate tydens die algemene verkiesing van 2004.

Hy word skertsend Kortbroek genoem deur sy opponente, 'n naam wat hy gekry het weens sy aanvanklike seunsagtige voorkoms en gebrek aan politieke ervaring, veral vergeleke met sy voorganger, FW de Klerk.

In Augustus 2004 is aangekondig dat Van Schalkwyk 'n lid van die ANC sou word, en dat die NNP teen 2005 ontbind sou word.[1]

Vanweë sy onteenseglike bekwaamhede het hy as minister van toerisme wel 'n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se beeld as toeristebestemming blink te poets. In Mei 2014, ná die algemene verkiesing, is hy egter uit die nuwe kabinet van pres. Jacob Zuma uitgelaat.[2]

Verwysings[wysig]