Marydale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Marydale
Ligging van Marydale op 'n kaart (Noord-Kaap)
Marydale
Marydale
 Marydale se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°24′20″S 22°6′18″O Koördinate: 29°24′20″S 22°6′18″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Pixley ka Seme
Munisipaliteit Siyathemba
Stigting 1902
Oppervlak[1]
 - Dorp 63,35 km²  (24,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 2 623
 - Digtheid 41/km² (106,2/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 10.9%
 • Kleurling 84.8%
 • Indiër/Asiër 1.3%
 • Blank 2.7%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 96.0%
 • Xhosa 1.0%
 • Engels 0.9%
 • Ander 2.1%
Poskode (straat) 8910
Poskode (posbus) 8910
Skakelkode(s) 054
Webwerf: 'n Webwerf oor Marydale

Marydale is 'n dorpie in die Noord-Kaap wat in 1902 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestig is en so genoem is na die vrou van G.P. Snyman, eienaar van die plaas Kalkput waarop die dorpie uitgelê is. Die bevolking is sowat 2 600. Die N10 nasionale pad gaan by die dorpie verby.

Distrik[wysig]

Skaap- en beesboerdery is die vernaamste landboubedrywighede in die omgewing waar voorheen aansienlike mynboubedrywighede plaasgevind het. Die Koegas-asbesmyn, 24 km oos van die dorpie, was die grootste produsent van blouasbes ter wêreld. Die mynbousentrum op Westerberg was betreklik groot en het 'n oasis in die droë omgewing gebied met welige tuine wat lemoene en ander vrugte asook groente opgelewer het. Die afname in die vraag na asbes het 'n erg nadelige uitwerking op die distrik gehad en die bedryf was verantwoordelik vir 'n nalatenskap van swak gesondheid onder inwoners wat aan asbesvesel blootgestel was.

Die plaaslike NG gemeente is in 1916 gestig, maar het ophou bestaan toe dit by die NG gemeente Prieska ingelyf is.

Die Boegoebergdam is naby geleë.

Persone gebore[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • Bulpin, T.V., Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc, 2001.
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Marydale”. Sensus 2011.