Matatiele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Matatiele
Bynaam: Matat
Ligging van Matatiele op 'n kaart (Oos-Kaap)
Matatiele
Matatiele
 Matatiele se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 30°20′32″S 28°48′22″O Koördinate: 30°20′32″S 28°48′22″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Alfred Nzo
Munisipaliteit Matatiele
Oppervlak[1]
 - Dorp 11,20 km²  (4,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 12 466
 - Digtheid 1 113/km² (2 882,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 83.5%
 • Kleurling 9.5%
 • Indiër/Asiër 2.6%
 • Blank 4.1%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 48.3%
 • Sotho 23.5%
 • Engels 14.3%
 • Afrikaans 7.5%
 • Ander 6.4%
Poskode (straat) 4730
Poskode (posbus) 4730
Skakelkode(s) 039

Matatiele is 'n dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 12 466 gehad, waarvan 10 403 (83,5%) Swartes was[2].

Geskiedenis[wysig]

Die dorp se ontstaan gaan hand aan hand met dié van Kokstad. Voor Adam Kok en sy mense Kokstad bereik het, het hulle eers hier gebly. Hulle het die baie vleie en gepaardgaande voëls na hulle smaak gevind. Die dorp ontleen sy naam aan die troppe wilde eende. Die Sotho-uitdrukking mada-i-yila of matato-a-ile beteken 'die eende het opgevlieg'. Losbandigheid was aan die orde van die dag; dit het wapensmokkelary, veediefstal, en perdediefstal ingesluit. Dit het so aangehou totdat die Cape Mounted Rifles die orde begin herstel het. Die dorp het in 1904 munisipale status verkry en 'n takspoorlyn vanaf Franklin het die dorp in 1924 bereik.

Distrik[wysig]

Die distrik is 3 357km2 groot. Suiwelboerdery en perdetelery is van die grootste ekonomiese aktiwiteite in die distrik. Daar is ook forelle in die strome.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Matatiele”. Sensus 2011.
  2. Matatiele Sensus 2011