Matola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Matola
Gebou van die Munisipale Raad van Matola
Gebou van die Munisipale Raad van Matola
Ligging van Matola op 'n kaart (Mosambiek)
Matola
Matola
Koördinate: 25°58′2.42″S 32°27′24.09″O Koördinate: 25°58′2.42″S 32°27′24.09″O
Land Vlag van Mosambiek Mosambiek
Provinsie Maputo
Bevolking (2007)
 - Stad 675 422
Tydsone SAT (UTC+2)

Matola is 'n stad in die suide van Mosambiek, wes van die nasionale hoofstad Maputo, met 440 927 inwoners (volgens die sensus van 1997). Matola is die hoofstad van die Maputo-provinsie en beskik sedert 1998 oor sy eie verkose stadsregering.

Die stad is 'n nywerheidsentrum en dien as 'n belangrike uitvoerhawe vir minerale soos chroom en ystererts uit Swaziland en Suid-Afrika. Matola beskik ook oor raffinaderye (wat tans nie in bedryf is nie) en 'n verskeidenheid ander nywerhede, wat onder meer seep en sement vervaardig en landbouprodukte verwerk. Die mees belangrike nywerheid is 'n aluminiumsmeltery, wat in 2002 opgerig is en Mosambiek se bruto geografiese produk meer as verdubbel het.

Matola is ook die naam van 'n klein rivier met 'n lengte van sowat 30 kilometer, wat die noordelike grens van die Matola-munisipaliteit vorm en in die Maputobaai uitmond.

Die naam van die stad, wat ook algemeen as 'n van voorkom, is afgelei van Matsolo a Ronga, 'n koninkryk van die Ronga-stam, wat tot by die aankoms van die eerste Portugese setlaars in die gebied bestaan het.