Mauna Loa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mauna Loa
Mauna Loa Volcano.jpg
Die Mauna Loa
Ligging: Big Island, Hawaii (VSA)
Hoogte: 4 169 (voet tot piek: 9 969) meter
Reeks: Hawaii-Emperor-bergreeks
Koördinate: 19°28′46.3″N, 155°36′09.6″W
Tipe: Skildvulkaan
Rotsouderdom: 400 000 jaar
Laaste uitbarsting: 24 Maart - 15 April 1984
Datum van eerste bestyging: 1794
Eerste bestyger(s): Archibald Menzies

Mauna Loa is 'n aktiewe vulkaan op Big Island (Hawaii), die grootste eiland van die Amerikaanse deelstaat Hawaii, en een van altesaam vyf vulkane waaruit hierdie eiland bestaan. Mokuʻāweoweo, een van talle slakkekeëls op die piekplato, is een van die hoogste punte in die deelstaat op 'n hoogte van 4 169 meter (13 679 voet) bo seevlak.

Mauna Loa op die eiland Hawaii

Mauna loa is een van die hoogste bergspitse ter wêreld as 'n mens sy hoogte vanaf die voet meet wat teen 'n diepte van 5 800 meter (19 000 voet) onder die seespieël van die Stille Oseaan lê. Mauna Loa bereik sodoende 'n totale hoogte van 9 969 meter (32 709 voet).

In die inheemse Hawaise taal beteken Mauna Loa letterlik "Lang Berg", 'n verwysing na sy groot uitbreiding oor die hoofeiland van Hawaii.

Mauna Loa staan vandag veral bekend vir sy sterrewagte teen 'n hoogte van 3 397 meter.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mauna Loa (kategorie)