Maya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maya
Tunkan Maia Yucatan.jpg
Totale bevolking: sowat 7 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Dele van die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko
Taal: Mayatale (soos Mayathan), Spaans, Engels en Kriol
Geloofsoortuiging: Christendom (Rooms-Katolieke Kerk en Protestantisme), Maya-geloof, Islam
Verwante etniese groepe:

Die Maya is 'n etniese groep en Meso-Amerikaanse beskawing, wat op die Yucatan-skiereiland in die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko woon. Die historiese sentrum van die beskawing is in die huidige Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo geleë. Die belangrikste taal van die Maya is Mayathan.

Gebied van die Maya op die Yucatan-skiereiland.
Verspreiding van Maya-tale in Meksiko.
Die Kukulkan-piramid in Chichén Itzá.

Die Maya is veral bekend vir hul kuns, argitektuur, asook vir die wiskundige en sterrekundige stelsel, vir die kalender, wat deur die Asteke oorneem en aangepas is, en die hoog ontwikkelde skryfstelsel, wat ook vir getalle gebruik is. Die Maya-skryfstelsel is die enigste, wat vandag uit die pre-Colombiaanse Amerika bekend is.

Die klassieke tydperk van die Mayabeskawing het geduur vanaf 250 tot 900. Die Maya het nie 'n verenigde land gestig nie en het in onafhanklike stadstate gewoon. Die Maya-state het op sy hoogtepunt rofweg die huidige lande Meksiko en Guatemala en die noorde van Belize beslaan. Bekende ruinestede is Calakmul, Chichén Itzá, Copán, El Mirador, Palenque, Tikal en Uxmal.

Die Maya-state is vernietig deur die Spaanse Conquistadors onder leiding van Francisco de Montejo, wat Yucatan verower het, en Pedro de Alvarado, wat Guatemala verower het. Tydens die Kastenoorlog tussen 1847 en 1901 het die Mayas op die Meksikaanse gebied gerebelleer teen die bewind van die Republiek van Yucatán en later teen die Meksikaanse staat.


Vlag van Meksiko Geskiedenis van Meksiko Wapen van Meksiko
Meso-Amerika OlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMayaTlaxcaltekeAsteke
Kolonisasie Spaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864 Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kasteoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929 Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenis Chiapas-konflik (1994) • Dwelm-oorlog in Meksiko (2006–hede)