Meso-Amerika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Indrukke uit Meso-Amerika.

Meso-Amerika[1] (Spaans: Mesoamérica) is 'n historiese kultuurlandskap in die huidige Sentraal-Amerika, waar vergelykbare beskawings tot die ontdekking van Amerika deur Christophorus Columbus in 1492 en die daaropvolgende Spaanse verowering in die 15de en 16de eeu bestaan het.[2][3]

Hierdie beskawings sluit in die Nahua (Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke), Boruca, Chichimeke, Huaxteke, Huichole, Maya (Lacandone), Mayangna, Mazateke, Mixe, Mixteke, Olmeke, Otomí, Purépecha, Totonake en Zapoteke.

Kulturele gebiede van Meso-Amerika.

Die gebied van Meso-Amerika maak deel uit van die huidige lande Meksiko, Belize, Guatemala, El Salvador, Honduras, Nicaragua en die noorde van Costa Rica.

Volgens die OESO se definisie is Meso-Amerika in ekonomiese opsigte 'n multinasionale streek in Sentraal-Amerika, wat uit die lande Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Nicaragua en Panama, asook die nege suidoostelike Meksikaanse deelstate Campeche, Chiapas, Guerrero, Oaxaca, Puebla, Quintana Roo, Tabasco, Veracruz en Yucatán bestaan.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Meso-Amerika (kategorie)
  1. (es) Paul Kirchhoff: Mesoamérica, sus límites geográficos, composición étnica y carácteres culturales. in: Acta Americana 1, Washington D.C. 1943, bl. 92–107
  2. (en) "Meso-America." Oxford English Reference Dictionary, 2nd ed. (rev.) 2002. ISBN 0-19-860652-4 Oxford, UK: Oxford University Press; bl. 906.
  3. (es) Atlas del México Prehispánico. Revista Arqueología mexicana. Número especial 5 Julie 2000. Raíces/ Instituto Nacional de Antropología e Historia. Meksiko.


Vlag van Meksiko Geskiedenis van Meksiko Wapen van Meksiko
Meso-Amerika OlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMayaTlaxcaltekeAsteke
Kolonisasie Spaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864 Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kastenoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929 Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenis Chiapas-konflik (1994) • Dwelm-oorlog in Meksiko (2006–hede)