Meta-Wiki

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Meta-Wiki
Meta.png
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Veeltalig
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Huidige status Aktief
URL http://meta.wikimedia.org

Meta, of Wikimedia se Meta-Wiki is 'n wiki-tipe webwerf wat gebruik word as hulpmiddel vir die koördinering van die Wikimedia Stigting se projekte. Meta was oorspronklik onder die naam Meta-Wikipedia in die lewe geroep.

Meta-Wiki vervul 'n aantal spesifieke doele en funksies:

  1. Bespreking en formulering van Wikimedia projekte, waaronder Wikipedia, en in die besonder besprekings oor beleid.
  2. 'n Forum vir persoonlike betoë wat nie noodwendig neutraal is nie.
  3. 'n Plek waar inhoud georganiseerd en voorberei kan word, en waar samesprekings ook die koördinasie van interwiki-skakels gevoer kan word.
  4. 'n Plek vanwaar die ontwikkelingsproses gekoördineer kan word.

Tans is Meta een van die belangrikste besprekingsforums vir Wikimediane, waaronder Wikipediane. Van die ander beskikbare fora sluit in: epos-lyste, IRC-kanale, en die besprekingsblaaie van artikels en gebruikers.

Hoewel die projek oorspronklik op die Engelstalige weergawe van Wikipedia gerig was, het Meta ontwikkel tot 'n veeltalig besprekingsforum wat deur alle Wikimedia-taalgemeenskappe gebruik word. Die ontwikkeling is moontlik gemaak deur Wikipedia se MediaWiki-sagteware sodanig aan te pas.

Eksterne skakels[wysig]


Wikimedia Stigting Wikimedia-logo.svg

Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek

Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia