MiG-21

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
MiG-21 "Fishbed"
MiG-21 Lancer C cropped.jpg
'n MiG-21 Lancer C van die Roemeense Lugmag
Tipe Onderskepvegter
Vervaardiger Mikojan
Ontwerp deur Artem Mikojan
Nooiensvlug 14 Februarie 1956
Vrygestel 1959
Status Beperkte diens
Hoofgebruikers Russiese Lugmag
Siriese Lugmag
Indiese Lugmag
Libiese Lugmag
Vervaardig 1959 (MiG-21F) tot 1985 (MiG-21bis)
Aantal gebou 11,496
(10,645 in die Sowjetunie, 657 in Indië, 194 in Tsjeggo-Slowakye)

Die Mikojan-Goerewitsj MiG-21 (Russies: Микоян и Гуревич МиГ-211) is 'n supersoniese straalvegvliegtuig wat in die Sowjetunie met die oog op lugsuperioriteit ontwikkel is. Nadat die vegvliegtuig deur die Mikojan-Goerewitsj Ontwerpburo in Moskou ontwerp en laat bou is, is dit in 1959 deur die destydse Sowjetlugmag in gebruik geneem. Die vliegtuig is sederdien onttrek aan Russiese diens.

Sy bynaam is "Balalaika", a.g.v. die vliegtuig se ooreenkoms in vorm met die Russiese musiekinstrument, en volgens Poolse vlieëniers te danke aan die vorm van die romp.[1]

Vroeë weergawes word beskou as tweedegeslag vegvliegtuie, terwyl latere weergawes beskou word as derdegeslag vegvliegtuie. Ongeveer 60 lande oor vier kontinente het MiG-21s gevlieg, en dit is nog steeds in diens van baie lande 'n halfeeu na sy eerste vlug. Die vegter hou verskeie lugvaartrekords, by name is dit die mees-vervaardigde supersoniese straalvliegtuig in lugvaartgeskiedenis. Dit is ook die mees-vervaardigde vegvliegtuig sedert die Koreaanse Oorlog en het die langste produksieloop van 'n vegvliegtuig (1959-1985 oor al die modelle) gehad.

In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-21 as Fishbed verwys.

'n Ouer MiG-21 analoogkajuit

Verwysings[wysig]

  1. "MiG-21 – naddźwiękowy ołówek" (in Pools). lotniczapolska.pl, 6 September 2007