MiG-29

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n MiG-29 van die Duitse Lugmag oor die Golf van Mexiko
'n Duitse MiG-29.

Die Mikojan-Goerewitsj MiG-29 (Russies Микоян МиГ-29) is 'n vierde-generasie-vegvliegtuig wat in die Sowjetunie met die oog op lugsuperioriteit ontwerp is. Nadat die MiG-29 in die 1970's deur die ontwerpateljee van Mikojan-i-Goerewitsj ontwikkel is, is dit deur die Sowjet-lugmag in 1983 in gebruik geneem. Die vegvliegtuig is nog steeds in diens van die Russiese en talle ander lugmagte.

In sy verslae het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) na die MiG-29 as Fulcrum verwys. Die Sowjet-vegvliegtuig is saam met die Su-27 ontwikkel om nuwe Amerikaanse vegvliegtuie soos die F-15 Eagle en die F-16 Fighting Falcon die hoof te bied.[1]

Die enigste NAVO-lidstaat, wat MiG-29-vegvliegtuie voor die uitbreiding van die NAVO na Oos-Europa gebruik het, was Duitsland nadat 24 vliegtuie (20 MiG-29 A en 4 MiG-29 UB) ná die hereniging met die Duitse Demokratiese Republiek in 1990 van die Oos-Duitse Nationale Volksarmee ("Nasionale Volksleër") oorgeneem is. Ná 'n toetsfase en die ombou volgens NAVO-standaarde is die vegvliegtuie onder die nuwe naam MiG-29 G en GT ('n afkorting van German en German Trainer) deur die Duitse Lugmag (Luftwaffe) gebruik. Die vliegtuie is later aan Pole verkoop.

Verwysings[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  1. Alexander Zuyev en Malcolm McConnell: Fulcrum: A Top Gun Pilot's Escape From the Soviet Empire. Warner Books 1993