Michael (aartsengel)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lusifer stort na die hel. Altaarskildery deur Johann Michael Rottmayr in die kasteelkapel Sint Michael te Tittmoning, Beiere (1697)

Michael (Hebreeus מיכאל; Latyns Quis ut Deus, Arabies „Mika'il/Mikaal“; Afrikaans: "Hy wat soos God is"; alternatiewe Afrikaanse spellings: Michaël en Migael)) is die naam van 'n engel in die Hebreeuse oorlewering van die Tanach. Hierdie oorlewering het ook invloed op die godsdienstige tradisies van sowel Jode- asook Christendom gehad. In teenstelling met die Christendom het die Joodse tradisie Michael nooit van "goddelike attribute" voorsien nie.[1]

In die Christelike Nuwe Testament word Michael in die Openbaring van Johannes in 'n eschatologiese konteks as die bedwinger van Satan uitgebeeld wat dié bose engel in die hel laat stort (Openbaring 12,7). Volgens 'n kerktradisie sal Michael op die Jongste Dag die siele van mense weeg. Sedert die Slag op die Lechfeld op 10 Augustus 955 is Sint Michael die beskermheilige van die Heilige Romeinse Ryk en later van Duitsland.

Michael kom sedert die 7de eeu n.C. ook in die Islamitiese Koran en in die Arabiese literatuur onder die naam Mikal of Mika'il voor.

Verwysings[wysig]

  1. Max Wiener: Die Lehren des Judentums nach den Quellen. Boekdeel II, bl. 213. Nuwe uitgawe onder redaksie van Walter Homolka. München: Knesebeck 1999