Middelburg, Mpumalanga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Middelburg
Ligging van Middelburg op 'n kaart (Mpumalanga)
Middelburg
Middelburg
Koördinate: 25°45′S 29°28′O Koördinate: 25°45′S 29°28′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Nkangala
Plaaslike Munisipaliteit Steve Tshwete
Stigting 1864
Oppervlak
 - Dorp 63,14 km²  (24,4 vk m)
Hoogte 1 490 m (4 888 vt)
Bevolking (2010)
 - Dorp 188 769
 - Digtheid 670/km² (1 735,3/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Strate: 1055
Busse: 1050

Middelburg is 'n groot dorp in Mpumalanga, naby Witbank, in Suid-Afrika. Die nedersetting het 'n bevolking van 188 769 in 2010 gehad[1].

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is eers gestig op die plase Klipfontein en Keerom langs die Klein Olifantsrivier in 1859 en was aanvanklik ook deel van die Republiek van Lydenburg. In 1864, op aandrang van ds. Frans Lion Cachet, is die dorp verskuif na die plaas Sterkfontein waar die dorp uitgelê en Nasareth genoem is. In 1872 is die naam verander, op aandrang van pres TF Burgers, na Middelburg omdat die dorp halfpad tussen Pretoria en Lydenburg lê en Nasareth hom aan melaatsheid laat dink het.

Distrik[wysig]

Die distrik is 5 700 km2 groot en steenkool word op groot skaal ontgin in die distrik. Gedurende die 1970's is 'n spoorlyn gebou vanaf Broodsnyersplaas 35 km suid van Middelburg wat aansluit by die groot steenkoolspoorlyn na Richardsbaai. Sodoende kan steenkool en antrasiet uitgevoer word. Beesboerdery word ook beoefen terwyl mielies, wol en aartappels ook belangrike produkte is.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]