Middelnederduits

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Middelnederduits
Gepraat in: Gebiede van die Hanseverbond in Noord-Duitsland, Oosseekusgebied en Europese Noordseekusgebied 
Gebied: Noord-Europa
Totale sprekers:
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Middelnederduits
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:

Middelnederduits is die taal wat uit Oudnederduits ontstaan het en was die voorloper van moderne Nederduits. Die was die gesproke taal van Noord-Duitsland, die skryftaal van die Hanse het gedien as die internasionale lingua franca van die Hanseverbond. Buurtale was Middelnederlands in die weste en Middelhoogduits in die suide, Slawiese tale in die ooste en Deens in die noorde. Dit is van omtrent 1100 tot 1600 gepraat.

As gevolg van die taal se rol as lingua franca van die Hanseverbond het dit 'n beduidende invloed op tale van Noord-Europa gehad. Die invloed sluit in talle leenwoorde in verskeie tale soos Sweeds, Fins, Russies en die Baltiese tale.[1][2] Dit het verder ook bygedra tot morfologiese vereenvoudiging van die Middel-Skandinawiese tale wat ontwikkle het tot moderne Sweeds, Deens en Noors. Die vereenvoudingings sluit in die verlies in verbuiging in die Vasteland Skandinawiese tale.[3]

Verwysings[wysig]