Miguel de Cervantes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Miguel de Cervantes
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Miguel de Cervantes Saavedra (Retratos de Españoles Ilustres, 1791).

Geboortenaam Miguel de Cervantes Saavedra
Gebore 29 September 1547
Alcalá de Henares, naby Madrid, Spanje
Oorlede 23 April 1616 (op 68)
Madrid, Spanje
Nasionaliteit Vlag van Spanje Spanje
Beroep Romanskrywer, digter, dramaturg en soldaat
Bekend vir Don Quixote
Entremeses
Novelas ejemplares
Miguel de Cervantes signature.svg

Miguel de Cervantes Saavedra (* 29 September 1547 in Alcalá de Henares (by Madrid); † 23 April 1616 in Madrid) was 'n Spaanse romanskrywer, digter, dramaturg en soldaat. Sy hele lewe lank was hy arm en deur die ongeluk gevolg. In die Seeslag van Lepanto in 1571 verloor hy sy regterarm, byvoorbeeld, en in 1575 word hy gevange geneem deur seerowers van Algiers en vyf jaar lank aangehou alvorens sy losprys betaal is. Sy bekendste werk is Lewe en dade van die skerpsinnige edelman Don Quijote van La Mancha (El Ingenioso Hidalgo Don Quijote de la Mancha). Cervantes se invloed op die Spaanse taal was enorm en Heinrich Heine het gemeen, dat Cervantes slegs met William Shakespeare en Johann Wolfgang von Goethe vergelyk kan word. Hy word afgebeeld op Spaanse Euromunte van 10, 20 en 50 sent.